Leer speel

Boeremusiek word hoofsaaklik op gehoor gespeel en derhalwe sonder bladmusiek of formele onderrig van geslag tot geslag oorgedra.

Verskeie persone het deur die jare heelwat moeite gedoen om kursusse op te stel. Daar is verskillende metodes wat op knoppie uitleg of bladmusiek geskoei is.

Sommige komponiste of kunstenaars het hul wysies gepubliseer. Daar is ook boeremusiek wysies van oorseese oorsprong wat op bladmusiek vasgelê is.

Enige toevoegings of navorsing word verwelkom. U bydrae kan keer dat hierdie erfenis vir ewig verlore gaan.