Die Afrikaanse volksname vir konsertinas verdeel die instrument in twee breë kategorieë nl. “Engelse konsertinas” en “Boerekonsertinas“. Die onderskeid word gemaak op grond van die konstruksie tegniek en fisiese voorkoms van die instrument, asook die aard van die klank wat dit voortbring.
Engelse konsertina
Die klassifisering slegs op grond van voorkoms veroorsaak verwarring omdat die internasionale benaming van konsertinas die klassifisering op grond van die knoppie uitleg doen. Instrumente wat op die oog af dieselfde fisiese voorkoms het kan radikaal van mekaar verkil ten opsigte van knopplie uitleg.
Die konstruksie tegniek van Engelse konsertinas gebruik ‘n radiale toonkamer uitleg om die fluitjies te huisves.
Daar is verskillende knoppie rangskikkings en die noot wat voortgebring word kan wissel wanneer die instrument gedruk of getrek word. Elkeen het oor die jare ontwikkel tot ‘n spesifieke styl binne boeremusiek en hier volg ‘n paar voorbeelde.
Internasionale benaming | Afrikaanse volksnaam | Foto |
20 button Anglo Chromatic | 2-ry Engelse konsertina | |
30 button Anglo Chromatic | 3-ry Engelse konsertina | |
36 button Anglo Chromatic | 3 1/2-ry Engelse konsertina | |
40 button Anglo Chromatic | 3 3/4 ry Engelse konsertina | |
English | 4-ry konsertina | |
Crane Duet | 5-ry Duet konsertina | |
McCann Duet | 6-ry Duet konsertina |
Boerekonsertina
Die instrumente wat onder die vaandel van Boerekonsertina vervat word verskil dramaties in terme van voorkoms, groote, konstruksie metode, en klank. Die sleutelbord patroon stem ooreen met ‘n 2-ry engelse konsertina soos hierbo genoem met die uitsondering van een bas noot. Die kante is meestal hout en soms helderkleurig. Die krulpatroon wat kenmerkend is van engelse konsertinas is afwesig. In sommige modelle word die kante asook die boeke versier met ‘n papier patroon en gepoleerde chroom of geelkoper drukstukke.
Die klank word voortgebring deur twee of drie fluitjies per noot. Vroeër was bekende vervaardigers “Sholer” en “Galotta” uit die Oos-Duitse Demokratiese republiek. “Bastari”, van Italiaanse oorsprong, val ook in hierdie kategorie alhoewel sommige aangekoop word met sekere note omgeruil (Samedrukking van die boeke produseer ‘n noot wat in die standaard uitleg deur ‘n trek aksie voortgebring word.) Die orkes van Willie Nelson maak van ‘n Bastari boerekonsertina gebruik. Ander vervaardigers is “Gallotone”, “Wizard” en Suid-Afrikaanse konsertina vervaardigers.
Die aksie van ‘n boerekonsertina word normaalweg van hout vervaardig en is glad nie kompleks nie. |
|
Die fluitjieplaat van ‘n boerekonsertina is meestal in ‘n ry en bevat twee of drie fluitjies per noot wat tesame en gelyktydig die klank produseer. |
|
‘n Bastari Boerekonsertina het ‘n fluitjie uitleg soortgelyk aan hierbo genoem. Die aksie is meestal metaal. |
Konsertina vervaardigers in Suid-Afrika
Hannes Viljoen – Havil konsertinas
Hannes Viljoen met sy konsertinas.
Willie van Wyk – Wifra konsertinas
Willie van Wyk met nuwe boeke
Danie Labuschagne – Boer konsertinas
Nadat voorraad van boerekonsertinas uit die voormalige Oos-Duitsland opgedroog het, het Danie Labuschagne die taak aangepak om ‘n plaasvervanger te bou. Die gehalte van sy vakmanskap is voortreflik.
‘n Boer konsertina met spesiale goue koppe
Danie Labuschagne met een van sy eerste prototipes
Gys Mans
Gys Mans konsertina
Gys Mans (links) oorhandig ‘n konsertina aan Jurie Olckers (regs)
Kunstenaars wat Konsertina speel
FullNames | LastName | BirthDate | DeceaseDate |
---|---|---|---|
FullNames | LastName | BirthDate | DeceaseDate |