Abrahams | George | George Abrahams | 1913-02-04 | 1967-03-02 | Gamza Karriem (George Abrahams)
https://www.youtube.com/watch?v=F9Ffg1eUKYA | | |
Bartz | Herman Carl | Harry Bartz | 1916-06-19 | | Herman Carl (Harry) Bartz is op 19 Junie 1916, in Woodstock, Kaapstad, gebore en was vir baie jare in diens van die poswese. Sy vader was 'n polisiebeampte te Woodstock en sy moeder 'n matrone by dieselfde polisiestasie. Hy speel konsertina en sy leermeester was die legendariese Boy Solomon en Harry het oom Boy Solomon van kleins af geken. Laasgenoemde was die bekendste konsertinaspeler ••• | | |
Baucher | Willem Hendrik Frederik | Willie Baucher | 1918-07-10 | 1994-09-20 |    Willie is op 10 Julie 1918, in die distrik Swartruggens gebore. Op 20-jarige ouderdom het hy met die konsertina begin en sê dat Attie Dercksen hom so 'n bietjie touwys gemaak het. Later het hy ook die kitaar, orrel en klavier bemeester, maar hom meesal op die konsertina toegelê. Willie het ook 'n hele paar komposisies agter sy naam: Piet se banjo, Piet Grootman, ••• | | |
Bester | Pieter Johannes | Piet Bester | 1926-02-27 | 2006-09-05 | Pieter Johannes Bester is op 27 Februarie 1926 op Schweizer-Reneke gebore, en hy het hier met sy laerskoolopleiding begin. Hy is die derde seun van ses kinders, almal seuns, van Piet en Mart Bester. Â Sy ouers was baie musikaal en het pragtig saam gesing. Sy vader was 'n goeie mondfluitjie- en kitaarspeler en het dikwels in sy jong dae saam met die legendariese Sakkie en Gert van Wyk by funk ••• | | |
Blignaut | Christian August | Chris Blignaut | 1897-04-27 | 1974-07-21 | Chris is op 27 April 1897, in Johannesburg gebore. Hy het daar gewoon en gewerk totdat hy op Sondag 21 Julie 1974, op 77-jarige ouderdom oorlede is. Alhoewel hy nie 'n beroepskunstenaar was nie het hy tog vir sy musiek gelewe. Hy kan tereg vandag nog as 'n superster beskou word. Hy het vyf dekades lank die Afrikaanse sangwereld oorheers. Hy ••• | | |
Bodenstein | Johannes Pieter | Hans Bodenstein | | | Johannes Pieter (Hans) Bodenstein was die leier van die Vyf Vastrappers en het die konsertina gespeel | | |
Bodenstein | (Manie) | Manie Bodenstein | | 2013-10-13 | https://www.facebook.com/In-Memory-Manie-Bodenstein-1217327745000391/ | | |
Bornman | Regardo | Oom Kerrie Bornman | 1891-03-11 | | Hierdie uitmuntende musikant het sy eerste lesse in verband met die speel van 'n boerekonsertina by sy oudste broer gekry. Nadat hy dit behoorlik bemeester het, kon hy dit letterllk laat lag en gesels. Oom Kerrie is op 11 Maart 1891, op De Deur naby Vereeniging, gebore. Hy vertel met smaak dat hy aan die beginjare sy broer se konsertina gesteel het om daarmee te oefen. Sy broer het dit te hor ••• | | |
Bornman | Ricardo | Ricardo Bornman | | 2000-04-02 | Ricardo Bornman is die seun van die bekende oom Kerrie Bornman en sy vrou Johanna. Ricardo was 'n uitmuntende kitaarspeler en het ook saam met sy pa in plaatopnames opgetree. | | |
Bosch | Stephanus | Fanie Bosch | 1925-12-06 | 1980-11-28 | Hy is op 6 Desember 1925, gebore en sê dat hy van kleins af lief was vir duiwe en musiek. Toe hy net ses jaar oud was, het hy 'n paar van sy spogduiwe aan Piet Rademeyer verruil vir 'n ukulele. Hy het dit gou bemeester en daarna die traporrel, kitaar en banjo baasgeraak. 'n Rukkie later het hy 'n boerekonsertina in die hande gekry en die gort was behoorlik gaar! Hy het dit i ••• | | |