Welkom

Hartlik welkom by die webtuiste van die Tradisionele Boeremusiekklub van Suid-Afrika [TBK] wat sedert 1981 toegewy is aan Tradisionele Boeremusiek, ons volkskat en kleinnood.

Ons nooi almal uit om meer oor die TBK en ons tradisionele boeremusiek te wete te kom en dan tradisionele boeremusiek saam op te pas en uit te bou. Lees meer oor hierdie besonderse styl van konsertina spel asook die verskillende ander instrumente. Daar word ook verwys na verskillende orkeste, hulle opnames en die geskiedenis van die Tradisionele Boeremusiekklub van Suid-Afrika.

U word uitgenooi om nuus of biografiese inligting van persone en orkeste by te voeg – Vandag se algemene kennis en alledaagse gebeurtenis vorm die grondslag van môre se geskiedenis. Stuur gerus u bydrae aan info@boeremusiek.org om te keer dat hierdie erfenis vir ewig verlore gaan.