Die Klub

Die Tradisionele Boeremusiekklub het 'n ryk geskiedenis sedert haar ontstaan in 1981.

Deur die toewyding en arbeid van menige persone is daar sedertdien heelwat amptelike klub projekte geloots wat in samewerking met onafhanklike projekte die doelstellings van die klub verwesenlik.

Om die belangstelling landwyd te bevorder is takke van die TBK gestig sodat boeremusiek funksies lokaal aangebied kan word.