Konsertinas

Die konsertina is meestal die hoofinstrument in 'n Boereorkes. Die Afrikaanse volksname vir konsertinas verdeel die instrument in twee breë kategorieë nl. "Engelse konsertinas" en "Boerekonsertinas". Die onderskeid word gemaak op grond van die konstruksie tegniek en fisiese voorkoms van die instrument asook die aard van die klank wat dit voortbring.

engelse konsertina thumb boerekonsertina-thumb
Engelse konsertina Boerekonsertina

Engelse konsertina

Die klassifisering slegs op grond van voorkoms veroorsaak verwarring omdat die internasionale benaming van konsertinas die klassifisering op grond van die knoppie uitleg doen. Instrumente wat op die oog af dieselfde fisiese voorkoms het kan radikaal van mekaar verkil.

Die konstruksie tegniek van Engelse konsertinas gebruik 'n radiale toonkamer uitleg om die fluitjies te huisves. 

concertina action t concertina inside t 
Toonkamer en fluitjies Knoppie aksie 

Daar is verskillende knoppie rangskikkings en die noot wat voortgebring word kan wissel wanneer die instrument gedruk of getrek word. Elkeen het oor die jare ontwikkel tot 'n spesifieke styl binne boeremusiek en hier volg 'n paar voorbeelde.

Internasionale benaming Afrikaanse volksnaam Foto
 20 button Anglo Chromatic 2-ry Engelse konsertina  1-2-ry-wheatstone thumb
30 button Anglo Chromatic 3-ry Engelse konsertina  2-3-ry-wheatstone thumb
36 button Anglo Chromatic 3 1/2-ry Engelse konsertina  3-36-button-wheatstone thumb
40 button Anglo Chromatic 3 3/4 ry Engelse konsertina 4-engelse konsertina thumb 1
English 4-ry konsertina 5-4-ry-wheatstone thumb
Crane Duet 5-ry Duet konsertina 6-5-ry-wheatstone thumb
McCann Duet 6-ry Duet konsertina 7-6-ry-Wheatstone thumb

Boerekonsertina

Die instrumente wat onder die vaandel van Boerekonsertina vervat word verskil dramaties itv voorkoms, groote, konstruksie metode, en klank. Die sleutelbord patroon stem ooreen met 'n 2-ry engelse konsertina soos hierbo genoem met die uitsondering van een bas noot. Die kante is meestal hout en soms helderkleurig. Die krulpatroon wat kenmerkend is van Engelse konsertinas is afwesig. In sommige modelle word die kante asook die boeke versier met 'n papier patroon en gepoleerde chroom of geelkoper drukstukke.

Die klank word voortgebring deur twee of drie fluitjies per noot. Vroeër was bekende vervaardigers "Sholer" en "Galotta" uit die Oos-Duitse Demokratiese republiek. "Bastari", van Italiaanse oorsprong, val ook in hierdie kategorie alhoewel sommige aangekoop word met sekere note omgeruil (Samedrukking van die boeke produseer 'n noot wat in die standaard uitleg deur 'n trek aksie voortgebring word.) Die orkes van Willie Nelson maak van 'n Bastari boerekonsertina gebruik. Ander vervaardigers is "Gallotone", "Wizzard" en Suid-Afrikaanse konsertina vervaardigers.

Die aksie van 'n boerekonsertina word
normaalweg van hout vervaardig
en is glad nie kompleks nie. 
1-boerekonsertina aksie 
Die fluitjieplaat van 'n boerekonsertina
is meestal in 'n ry en bevat twee
of drie fluitjies per noot wat tesame
en gelyktydig die klank produseer.
2-bk reedpan
'n Bastari Boerekonsertina het 'n fluitjie
uitleg soortgelyk aan hierbo genoem.
Die aksie is meestal metaal.
3-bastari

Kitaar

Die ritme kitaar vorm die grondslag van begeleiding en 'n boereorkes sonder ten minste een kitaar is ondenkbaar. Die aanslag is sterk ritmies en kan soms die melodie aanvul. Wanneer die kitaar as hoof instrument aangewend word is die karakter steeds onmiskenbaar as Boeremusiek met ritme begeleiding.

Banjo

Net soos met die kitaar word die banjo as ritme instrument sowel as hoof instrument aangewend. Die Ukulele het die voorkoms van 'n banjo en is heelwat kleiner.

Banjo Ukulele 
Banjo thumb  ukulele thumb

Trekklavier

Die trekklavier sowel as die knoppies akkordeon was vir 'n lang tyd in 'n mindere mate in boeremusiek aangewend. Daar is deesdae 'n herlewing onder musikante met hierdie instrument.

Traporrel en klavier

Die traporrel en klavier word deesdae meestal vir begeleiding aangewend. Tant Bettie Ferns en Chris Buys en Ben Bester het bekendheid verwerf met die traporrel. Tant Carolina Leeson het traporrel sowel as klavier bespeel. Jim Muller was 'n leidende eksponent van die klavier.

Basinstrumente

Die basviool, tjello en akoesties baskitaar word vir bas agtergrond aangewend.

Tjello  Akoestiese baskitaar
chello thumb akkoestiese baskitaar thumb

Mondfluit

Die mondfluit word beide as hoof instrument sowel as begeleiding aangewend.

mondfluit thumb
Hannes Buitendag met sy mondfluit

Ander instrumente

Alhoewel die bandoneon nie bekend is in Suid-Afrika nie is daar wel sulke instrumente te vinde.