Tuis Meer oor die Klub Meer oor Boeremusiek Nuus Handelsware Skakels Kontak die Klub

Nuus vanaf die Wesrandtak

Dags Boeremusiekvriende!

Weer son bietjie vars nuus hier van die plek waar die water geskei word .

So n kilometer van waar ek bly by Witpoortjiestasie is n baken opgerig wat die waterskeiding aandui.  Dit is op die kruin van die Witwatersrand (goudrif ) wat loop van die Oosrand na die Wesrand.  Alle renwater wat aan die noordelike kant van die rif val loop in n noordoostelike rigting in riviere in wat dan Oos vloei na die Indiese oseaan. Alle renwater wat aan die suidekant van die rif val loop dan in riviere in wat in n suidwestelike rigting vloei en dan vloei na die Atlantiese oseaan.  Ek bly aan die noordekant van die stasie.  So tweehonderd meter van my huis af op in die straat is n fontein wat die oorsprong van die Krokodilrivier is.  Dit is net so terloops om my ligging aan te dui indien iemand my sou wou opspoor,  (inni dip).

Wat ons boeremusiek betref het die Wesrandtak van die TBK op 28 Maart 2009 ons jaarvergadering gehad. Wat n pragtige aand het ons nie beleef nie  Van vroeg af is musiek verskaf.  Eers deur Peet van Staden en sy musiekmakers en so het hulle gevolg. Robbie Holm, Mario du Plessis,  Mike Cothill,  Oom Allen du Plessis wat 83 jaar jonk is en Silwer de Lange se musiek so mooi kan vertolk.

Na ons opening wat altyd met skriflesing en gebed geskied, word daar toekennings van verdienste aan die huidige bestuur  oorhandig. Tydens die vergadering word die hele bestuur weer herkies.  Graag wil ek weereens die bestuur en veral my linker- en regterhand, my vrou Dalene wat ook ons sekretaresse is, baie dankie vir s vir haar 200% ondersteuning.  Gogga jy is n str.

Die volgende sessie is toe voortgesit deur Hannes Schoeman, Stephaan en sy manne,  Gert Jooste, die Barnards en so het die musiekmakers weer van vooraf begin totdat almal twee speelbeurte gehad het, tot en met half twaalf. Daar is ook deur die loop van die aand nog toekennings van verdienste aan Dawid Barnard, Tinus Barnard en Mario du Plessis oorhandig.  n Groot dankie aan almal wat die aand omskep het in n groot sukses.  Dit is so jammer dat van ons lede wat vr bly en baie vr is (oorsee) so n geleenheid misgeloop het. Maar ons het aan julle gedink en daaroor die skrywe om julle ook in te lig en hoop met die lees van die nuusbrief dit saam met ons sal herleef. Hiernaas is n foto van ons bestuur soos herkies.

Ons volgende byeenkomste is 30 Mei, 29 Aug en 29 Nov 2009.  As julle my wil kontak my Tel: 0119553615 / 0826245308 of skryf na Afrikanarylaan 23, Breaunanda, Krugersdorp, 1739.

Boeremusiekgroete.

Flip Snyman.

 


Tuis Meer oor die Klub Meer oor Boeremusiek Nuus Handelsware Skakels Kontak die Klub

Kopiereg 2008 Tradisionele Boeremusiekklub van Suid-Afrika
Alle regte voorbehou

Gebruiksvoorwaardes Webtuistespesifikasies